| WIE IS ONS |
 |
SDK Geoktrooieerde Rekenmeesters (SA) is ‘n gevestigde en dinamiese oudit- en rekenmeestersfirma met ‘n wye kliëntebasis, meestal in die Wes Kaap geleë. Die firma het tans drie vennote: Jan Engelbrecht, Johan Smit en Madeleine Smit.
Die ouditspan bestaan uit professioneel gekwalifiseerde ouditbestuurders, sowel as rekenmeesters in opleiding, waarvan meeste op ‘n nagraadse vlak is, en ook geregistreer is by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR).
Die rekeningkundige span word deur ‘n gekwalifiseerde professionele rekenmeester bestuur. Hy word ondersteun deur rekenmeesters in opleiding wat by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Professionele Rekenmeestersprofessie (SAIPR) geregistreer is.
Die administratiewe span is verantwoordelik vir belastingadministrasie, sekretariële dienste, boedel administrasie en algemene kantoor aangeleenthede.
Deurlopende opleiding en professionele ontwikkeling verseker dat ons werknemers ‘n hoë vlak van tegniese kundigheid verwerf en handhaaf. Hulle voldoen aan die jongste vereistes soos deur professionele en reguleringsliggame voorgeskryf is: SAIGR, SAIPR en die Onafhanklike Reguleringsraad vir Ouditeure (ORRO).
Ons is trots daarop dat ons van gevorderde tegnologie gebruik maak sodat ons in ‘n papierlose omgewing kan werk.
Die sagteware pakkette wat gebruik word sluit in:
• Caseware Working Papers en Probe (oudittoepassingsagteware);
• Taxware (belastingadministrasie);
• Secware (statutęre administrasie);
• VIP Payroll (salarisadministrasie) en
• Pastel Partner (boekhou).
Hoewel Pastel intern vir rekeningkundige doeleindes gebruik word, het ons ouditpersoneel die nodige vaardighede om ander rekeningkundige pakkette te kan gebruik.
|
|
 |
| KONTAK ONS |
 |
Tel: + 27 21 970 4600
Faks: + 27 21 975 6780
E-pos: info@sdkca.co.za
Posbus 1304,
Durbanville,
7551
Kerkstraat 22B, Durbanville, 7550 |
| |
|