NUUS & EKSTRAS

Nuusbrief 4 / 2010

Beleggingslesse van die Comrades-koning
Bruce Fordyce sal in die geskiedenisboeke waarskynlik bekend staan as die grootste Comrades-atleet van alle tye nadat hy die klassieke KZN-wedloop ’n rekord van 9 keer gewen het!

Dink terug aan Fordyce se gloriedae in die tagtigerjare en stel jou voor dat Fordyce se mikpunt was om ’n gemiddelde van 3 minute en 30 sekondes per kilometer te behaal in ’n poging om die wedlooprekord te breek.

Fordyce was ’n meester daarin om sy eie wedloop te hardloop en ons het hom selde voor laat in die wedloop die eerste posisie sien inneem. Fordyce se troefkaart was nie sy uithouvermoë, sy longkapasiteit of sy vermoë om gemaklik teen Polly Shorts uit te hardloop nie, dit was sy ongelooflike selfdissipline en vermoë om by sy plan te bly.

Lees Meer...

Nuusbrief 3 / 2010

Motivering en finansiële en nie-finansiële belonings
In hierdie artikel bespreek Derek Stockley die skakel tussen motivering en vergoeding, met inbegrip van finansiële en nie-finansiële belonings.

Betaling vir prestasie: Ek het eenkeer ’n interessante gesprek met die eienaar/bestuurder van ’n klerevervaardigings¬maatskappy gehad. Hy het ’n groot en suksesvolle besigheid bedryf wat hoofsaaklik uniforms vir die korporatiewe mark verskaf het.

Sommige van sy werkers het hom verras. Hulle het met ’n stukloonstelsel (betaling per item) gewerk en sommige van die baie doeltreffende personeel het nie soveel geproduseer as waartoe hulle in staat was nie. Hulle het aan die begin van die betaaltydperk hard gewerk, maar dan geleidelik minder gewerk. Hy het van hulle verwag om die hele tyd hard te werk, aangesien hulle betaal is vir wat hulle geproduseer het – hoe harder hulle gewerk het, hoe meer is hulle betaal. Hy het verwag dat die beloning van ekstra geld hulle sou motiveer. Motivering is ’n komplekse begrip. Vergoeding is ook kompleks. Individue reageer op verskillende maniere op loonskemas.

Lees Meer...

Nuusbrief 2 / 2010

BOEDELBEPLANNING, TESTAMENTE EN ADMINISTRASIE VAN BOEDELS
Jou boedel beplanning wat insluit: testamente, trusts, strukture en risiko bestuur behoort op ’n jaarlikse grondslag hersien te word om seker te maak dit voldoen nog aan jou behoeftes. Wanneer laas is jou testament hersien? Voldoen jou testament, trust en struktuur nog aan jou behoeftes asook die nuutste belasting wetgewing asook kapitaalwins belasting?

Lees Meer...

Nuusbrief 1 / 2010

DIREKTEURE: WEES VERSIGTIG! DIE IMPAK VAN TEKEN OP DIE STIPPELLYN
Kredietverskaffers vereis dat direkteure in die normale loop van die verlening van lenings of kredietfasiliteite namens die maatskappy borg moet teken. Direkteure moet besef wat die impak van sodanige handtekeninge is.

Lees Meer...


Nuusbrief 4 / 2009

INSIGTE IN PRAKTYKBESTUUR.
As twee ’n paar is, versteur drie regtig die harmonie? Wat om te oorweeg wanneer ’n nuwe sakevennoot by jou aansluit. Die besluit om ’n nuwe sakevennoot te kry is ’n moeilike een en verg heelwat nadenke en voorafbeplanning. ’n Sakevennootskap word op stuk van sake met ’n huwelik vergelyk en moenie ligtelik opgeneem word nie.

Lees Meer...


Nuusbrief 3 / 2009

Die dood van ‘n sleutelpersoon kan jou besigheid met ‘n groot leemte laat.
Enige besigheidseienaar het waarskynlik nagmerries oor hoe die verlies van ‘n sleutelpersoon die besigheid se winsgewendheid kan beïnvloed. Indien ‘n sleutelpersoon sou bedank uit ‘n besigheid, kan dit reeds die wins negatief beïnvloed, maar die dood van só iemand kan dit baie erger maak – meestal omdat dit onverwags is.

Lees Meer...



Nuusbrief 2 / 2009


Rekeningkundige Praktyk by die deur uit?
Dit word al meer ’n ernstige misdryf om nie die nodige Internasionale Ouditstandaarde te aanvaar nie. Op 1 April 2009 is ’n biljoendollar-regsgeding teen die ouditeur reus KPMG in Miami aanhangig gemaak. Dit spruit uit bewerings dat sy ‘hoogs nalatige oudits’ waarskynlik gehelp het om die ineenstorting van ’n belangrike subprima-verbandlener aan die begin van die Amerikaanse behuisingskrisis aan die gang te sit.

Lees Meer...



Nuusbrief 1 / 2009


Is daar geen verskil tussen ’n Hoof Uitvoerende Beampte en ’n Besturende Direkteur nie?
Die kort antwoord hierop is dat dit regtig afhang van die spesifieke maatskappy wat betrokke is. In Suid-Afrika word die terme dikwels afwisselend gebruik, met maatskappye wat beheer word deur ’n HUB (hoof uitvoerende beampte) of BD (besturende direkteur), na gelang van die grootte en struktuur van die betrokke besigheid. Algemene praktyk skryf voor dat die terme BD en HUB, veral laasgenoemde, slegs met maatskappye geassosieer moet word; hou egter in gedagte dat dit nie noodwendig sal verhoed dat ’n persoon binne enige van die ander ondernemingstipes ’n BD of HUB genoem word nie.

Lees Meer...



Nuusbrief 6 / 2008

Nuwe Maatskappywetsontwerp
Is die Suid-Afrikaanse Maatskappywet wat sedert 1973 bestaan verouderd? Die huidige Wet bevat baie min oor korporatiewe regering, deursigtigheid, aanspreeklikheid, moderne samesmeltingsmetodes en die beskerming van minderheidsaandeelhouers. Die nuwe Maatskappywetsontwerp wat na verwagting in Oktober 2008 deur die President onderteken sal word, is daarop gemik om die huidige reguleringsraamwerk vir maatskappye te hersien en al bogenoemde aangeleenthede word in die nuwe Wetsontwerp aangespreek.

Lees Meer...



Nuusbrief 5 / 2008

Die Korporatiewe “Vloekwoord”
Jy kan vandag se koerant oopmaak en daar is ’n 90%-kans dat jy ’n artikel oor Jacob Zuma, Shabir Shaik, ens. Met die woord “KORRUPSIE” in die opskrif sal vind. Ons onmiddellike reaksie is om kommentaar te lewer oor hoe oneties ons politici is en dat daar ’n voorbeeld van hulle gemaak moet word. Maar het jy al daaraan gedink dat jy moontlik op hierdie oomblik besig is om ’n daad van korrupsie te pleeg?

Lees Meer...



Nuusbrief 4 / 2008

Geldwassery in Suid-Afrika
Geldwassery is die praktyk om finansiële transaksies aan te gaan ten einde die identiteit, bron en/of bestemming van geld te verberg, en is ’n belangrike bedrywigheid van die ondergrondse ekonomie.

Lees Meer...



Nuusbrief 3 / 2008

Die Begrotingsrede – Deel 2
Soos in die vorige nuusbrief genoem, kyk ons vandeesmaand na die veranderinge in die korporatiewe belastingsarena. Die Minister van Finansies het in vanjaar se begrotingsrede nie van maatskappye vergeet nie en ’n paar baie positiewe veranderinge aangebring.

Lees Meer...


KONTAK ONS
Tel: + 27 21 970 4600
Faks: + 27 21 975 6780
E-pos: info@sdkca.co.za
Posbus 1304, Durbanville, 7551
Kerkstraat 22B, Durbanville, 7550